Die Vrystaat kry nuwe windplase
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 7
- 1 min read
Updated: Feb 9
‘n Nuwe hernubare-energie-inisiatief is aangekondig vir die gebied tussen Heilbron en Petrus Steyn in die Vrystaat.
Volgens Heilbron Herald het EDF Power Solutions en Red Cap Energy ooreengekom om saam vier windplase in die provinsie te ontwikkel.
Die samewerking volg nadat albei maatskappye sedert 2023 afsonderlike projekte in dieselfde streek beplan het.
Deur kragte saam te snoer sal die ontwikkelaars grondgebruik optimaliseer en die ekonomiese lewensvatbaarheid van die projekte verbeter.
Elke windplaas kan ’n kapasiteit van tot 250 megawatt hê.
Die samewerking sal ook help om infrastruktuur te deel, wat die impak op landbougrond verminder en ontwikkelingsprosesse verkort.
Die maatskappye sê bestaande ooreenkomste met grondeienaars bly onveranderd, en geen finansiële nadele word verwag nie.








Comments