Brandfort swaai 'n groot towerstaf en omskep sy stadsaal
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 17, 2025
- 1 min read
Die Brandfort-gemeenskap in die Vrystaat se droom om die stadsaal tot sy eertydse glorie te herstel, is bewaarheid – en op televisie ten toon gestel. Dit danksy die grootse poging van ‘n vasbeslote en hardwerkende gemeenskap en ‘n skenking van Lottoland.
Die eindresultaat is in ‘n episode van kykNET se werklikheidsreeks Lottoland help ‘n dorp uitgesaai.
Volksblad berig die Masilonyana-Brandfort-forum het vroeër vanjaar vir die reeks ingeskryf en ‘n skenking van R800 000 vir hul stadsaalprojek van Lottoland ontvang. Die amptelike opknappingswerk moes oor agt weke as deel van die reeks geskied.
Die burgemeester, Dimakatso Modise, het deurgaans haar steun aan die projek toegesê.
Die aanbieder van die werklikheidsreeks, Leah van Niekerk, het in die uitsending by aanskoue van die eindresultaat gesê sy staan in verwondering oor wat vermag is.






Comments