Brandstofpryse kan styg ondanks prysdalings
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 20
- 1 min read
Motoriste kan hoër brandstofheffings in die gesig staar, ondanks onlangse prysdalings.
Kenners meen die minister van finansies sal waarskynlik beide die algemene brandstofheffing en die Padongelukkefonds-heffing met sy begrotingsrede volgende week verhoog.
Kenners meen die regering kan die geleentheid gebruik om inflasie-gekoppelde verhogings in te stel terwyl brandstofpryse op vierjaar-laagtepunte is.
Heffings voeg reeds meer as ses rand per liter by die pompprys. Dit ten spyte van vroeëre beloftes om die prysformule te hersien.








Comments