Brandstofpryse styg dalk soos onderverhalings afneem
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Aug 14
- 1 min read
Data van die Sentrale Energiefonds vir die middel van die maand dui daarop dat motoriste volgende maand moontlik hoër brandstofpryse by die vulstasies in die gesig kan staar.
BusinessTech berig dat die onderverhalings afgeneem het vanaf die hoër vlakke wat aan die begin van die maand aangeteken is.
Volgens die data kan petrolpryse met tussen 63 en 74 sent per liter styg. Intussen kan dieselpryse met tussen R2,73 en R2,89 per liter verhoog.
Die syfers kan steeds verander voordat die amptelike pryse aangekondig word.








Comments