top of page

Brics stem in vir klimaatsteun

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 8
  • 1 min read

Brics-leiers het ooreengekom dat ontwikkelde lande nasies in die Globale Suide moet help om klimaatsverandering te beveg. So sê President Cyril Ramaphosa ná die Brics-beraad gister in Rio, Brasilië, geëindig het. Hy voeg by die Globale Suide het min gedoen om die klimaatkrisis te veroorsaak, maar ly die ergste gevolge daarvan. Volgens Ramaphosa benodig hierdie lande ondersteuning om oor te skakel na hernubare energie. Hy het Brics se steun vir ‘n billike en regverdige energie-oorgang verwelkom.

 
 
 

Comments


bottom of page