Byna twee miljoen belastingbetalers kry outomatiese aanslae
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 2
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê dat hulle outomatiese aanslae aan meer as 1,9 miljoen belastingbetalers gestuur het soos die 2026-belastingindieningseisoen begin.
Ongeveer R8 miljard in terugbetalings is reeds binne 72 uur betaal. Die Inkomstediens verwag dat meer as ses miljoen belastingbetalers vanjaar outomatiese aanslae sal ontvang, deur inligting van werkgewers, banke en mediese skemas te gebruik om opgawes vooraf in te vul.
Rosestad-nuus het vroeër berig de Inkomstediens het ook nuwe digitale funksies bekendgestel, insluitend om dokumente deur WhatsApp op te laai, sterker sekuriteitsmaatreëls en uitgebreide KI-ondersteuning om die indieningsproses te vereenvoudig.








Comments