top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bystanddood is nou wettig in Frankryk

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 1 day ago
  • 1 min read

Sekere volwassenes met ongeneeslike toestande in Frankryk het nou die reg op bystanddood. Die wetgewing is Vrydag goedgekeur.


Die konstitusionele raad het die wet in sy geheel gehandhaaf, maar terselfdertyd beslis dat sommige bepalings verder verduidelik moet word. Maroela Media berig die Franse parlement het die wet aanvaar ná jare se debat oor die land se benadering tot die einde van die lewe. Die uitspraak beteken Frankryk sluit by lande soos Nederland, België, Switserland en Kanada aan waar bystanddood reeds gewettig is.


Die wet bepaal dat ʼn dokter eers moet vasstel of ʼn pasiënt aan sekere vereistes voldoen. Daarna word die geval ook deur ʼn paneel beoordeel. Die uiteindelike besluit berus egter by die dokter, en die pasiënt kan ook enige tyd toestemming terugtrek.


Die gewetensbeswaar-klousule maak dit egter moontlik vir gesondheidswerkers om te weier om aan ʼn bystanddoodprosedure deel te neem indien dit teen hul gewete indruis.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page