Centlec gaan nie 'n werknemer se sluipmoord intern ondersoek nie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
Die kragverspreider van die Mangaung-metro, Centlec, sê geen interne ondersoek gaan gedoen word nadat ’n werknemer verlede jaar in 'n sluipmoord dood is nie.
Netwerk24 berig die Centlec-woordvoerder, Tseliso Leba, sê hulle gaan nie die moord ondersoek nie, omdat dit nie duidelik is of dit iets met die slagoffer, Sarel May, se werk te doen gehad het nie.
May is in die vroeë oggendure van 28 September 2025 deur drie mans in Freedom Square in Bloemfontein doodgeskiet. Hy is agter die stuur van 'n voertuig aangetref met skietwonde in die agterkop.
Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, sê niemand is nog in hegtenis geneem nie.







Comments