top of page




Die Waterfront se ligte brand weer
Die Loch Logan-waterfront in Bloemfontein se ligte brand weer. Dit kom nadat die winkelsentrum en die Georgiou-familie glo ’n ooreenkoms met Centlec en die Mangaung-metro bereik het. Netwerk24 berig die woordvoerder van die Loch Logan-waterfront, Meryl Henning, sê kragtoevoer is Maandag weer aangeskakel. Die woordvoerder van Centlec, Tseliso Leba, sê die kragvoorsiener kan geen rekeninge van enige kliënte in die openbaar bespreek nie en die kwessies kan slegs met die betrokke

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 12


Centlec verwelkom diewe se vonnis
Bloemfontein se kragverskaffer Centlec verwelkom die vonnis van twee mans wat skuldig bevind is aan die diefstal en vandalisering van kritieke elektrisiteitsinfrastruktuur in Bloemfontein. Volgens ‘n mediaverklaring is die twee in September verlede jaar in hegtenis geneem nadat hulle Centlec-toerusting gesteel en beskadig het. PVC-koperkabel ter waarde van meer as R74 000 is in hul besit gevind. Die voorval het veroorsaak dat inwoners van Batho vir ’n geruime tyd sonder elek

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 5


Centlec word geprys vir hulle vinnige optrede
Verskeie Bloemfonteiners het die stad se kragvoorsiener, Centlec, op sosiale media geprys vir die vinnige herstel van krag ná die ontploffing by die Bayswater-verspreidingsentrum. Ten spyte van die omvang van die skade is krag binne die beraamde tyd herstel. Intussen berig SABC News dat sommige inwoners van Vanderbijlpark in die Vaal reeds vir dae sonder krag is ná ’n ontploffing by ’n hoofsubstasie. Die onderbreking raak verskeie woongebiede, met inwoners wat sê hulle moes

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 25


Kragskade-eise kan by Centlec ingedien word
Kragskade-eise vir versekeringdoeleindes kan by Bloemfontein se kragvoorsiener, Centlec, ingedien word. Dit volg terwyl misleidende inligting oor die eisproses tans op sosiale media versprei word. Volgens Centlec is die inligting wat versprei word nie deur die hulle uitgestuur nie en meld ook die verkeerde kontakpersoon. Hulle sê aan Rosestad-nuus eise kan wel ingedien word deur Doreen Mathe te kontak. Kontakbesonderhede: doreen.mathe@centlec.co.za | 051 409 2294. Ter illus

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 24


Dele van Bloem gaan vir minstens 24 uur sonder krag wees
’n Ontploffing by die Bayswater-verspreidingsentrum het veroorsaak dat dele van Bloemfontein vir na raming sowat 24 uur sonder krag sal wees. Volgens Bloemfontein se kragvoorsiener, Centlec, het die ontploffing Maandagaand by een van die transformators plaasgevind en ’n brand veroorsaak. Die Mangaung-brandweer is ontbied en het die brand op die toneel geblus. Luidens Centlec se mediaverklaring sal ’n voorlopige ondersoek die oorsaak van die ontploffing en die omvang van die s

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 24


Centlec gaan nie 'n werknemer se sluipmoord intern ondersoek nie
Die kragverspreider van die Mangaung-metro, Centlec, sê geen interne ondersoek gaan gedoen word nadat ’n werknemer verlede jaar in 'n sluipmoord dood is nie. Netwerk24 berig die Centlec-woordvoerder, Tseliso Leba, sê hulle gaan nie die moord ondersoek nie, omdat dit nie duidelik is of dit iets met die slagoffer, Sarel May, se werk te doen gehad het nie. May is in die vroeë oggendure van 28 September 2025 deur drie mans in Freedom Square in Bloemfontein doodgeskiet. Hy is agte

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 6
bottom of page

