Chikunga het vrouemaand in Durban geloots
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 2
- 1 min read
Die minister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, het Saterdag amptelik Vrouemaand in Durban in KwaZulu-Natal geloods.
Dit kom terwyl Suid-Afrika voorberei om die 70ste herdenking van die 1956 Vroue-optog op 9 Augustus te vier, wat die vroue vereer wat vir geslagsgelykheid en sosiale geregtigheid geveg het.
Die bekendstelling het die EmpowerHer-markhandelskou ingesluit, waar ondernemings in vrouebesit hul produkte en dienste uitgestal het.
Chikunga sê die bekendstelling erken vroue se beduidende bydrae tot die ekonomie.
Die minister voeg egter by dat vroue steeds hindernisse in die gesig staar, insluitend beperkte toegang tot finansiering, werkloosheid, diskriminasie en geslagsgebaseerde geweld.








Comments