top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Chirurgie suksesvol oor duisende kilometer uitgevoer

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 20, 2025
1 min read

In ‘n eerste vir Afrika het ‘n chirurg in Amerika ‘n robot-operasie op ‘n kankerpasiënt in Angola uitgevoer.

Volgens Maroela Media het die mediese direkteur van die Global Robotics Institute, dr. Vipul Patel, dié telechirurgie oor ‘n afstand van 11 000km kilometer uitgevoer – die verste afstand nog vir telechirurgie.

’n Multidissiplinêre span van chirurge, narkotiseurs, verpleegkundiges, ingenieurs en ‘n verteenwoordiger van Patel was in die teatersaal teenwoordig.

Die 67-jarige pasiënt is drie dae later ontslaan om tuis verder aan te sterk.

Die hospitale beskryf dit as ‘n kritieke stap in die rigting van gehaltechirurgie vir afgeleë, landelike en benadeelde gemeenskappe wat al lank sonder sulke toegang is. Dis meer as net tegnologie – dis ’n menslike deurbraak.

 
 
 

Comments


bottom of page