Cholota se appèl-aansoek is van die hand gewys
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 3 days ago
- 1 min read
Die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein het Moroadi Cholota se aansoek om verlof tot appèl in die R255-miljoen-asbesdakverwyderingsaak van die hand gewys.
SABC News berig Cholota het aangevoer dat die Hoogste Hof van Appèl moontlik tot ’n ander gevolgtrekking kon kom nadat haar poging om vervolging te vermy, misluk het.
In ’n verhoor-binne-’n-verhoor het die hof egter bevind die staat het bo redelike twyfel bewys dat geen wanvoorstelling gemaak is toe Amerikaanse owerhede vir haar uitlewering genader is nie.
Ace Magashule se voormalige persoonlike assistant het aangevoer dat die hof regs- en bewysbeginsels verkeerd toegepas het. Die hof het egter beslis daar is geen regsvrae wat vir appèl oorweeg moet word nie.








Comments