top of page

Cholota se regspan is optimisties

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 41 minutes ago
  • 1 min read

Voormalige Vrystaatse premier Ace Magashule se oud-persoonlike assistent, Moroadi Cholota, en haar mede-beskuldigdes was Dinsdag weer in die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein oor die asbes-tendersaak.


Volgens News24 sê Cholota se regspan daar is ’n redelike kans op sukses met haar aansoek om appèl.


Die aansoek volg nadat haar spesiale pleit, waarin sy die wettigheid van haar uitlewering uit die Verenigde State en die hof se jurisdiksie betwis het, verlede maand van die hand gewys is.


Die staat het aangedui dat hy die aansoek om appèl sal teenstaan.


Die saak keer Maandag terug hof toe wanneer verdere datums na verwagting aangekondig sal word.


Moroadi Cholota. FOTO: Insider Chronicle
Moroadi Cholota. FOTO: Insider Chronicle

Comments


bottom of page