top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Christene berei voor vir 50 dae van gebed

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 day ago
  • 1 min read

Suid-Afrikaanse Christene word aangemoedig om 50 dae lank voor die plaaslike regeringsverkiesing in gebed te verenig.


Die Prayer and Repentance-beweging se Rachel Kalidass sê die veldtog sal van 14 September tot 3 November plaasvind, voor die verkiesing op 4 November.


Sy voeg by een van die kragtigste bydraes wat Christene tot hul gemeenskappe kan maak, is om te bid.


Die City Connect-inisiatief poog intussen om gelowiges, kerke, bedieninge en gebedsgroepe regoor Suid-Afrika rondom ’n gemeenskaplike doel te verbind.


’n Vyftig-dae-gids sal aan die begin van September bekendgestel word.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page