Cosatu is bekommerd oor beplande media-werkbesnoeiings
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 5 days ago
- 1 min read
Die vakbond Cosatu is bekommerd oor die voorgenome werkbesnoeiings in die media-industrie.
Media24 en eNCA het onlangs planne aangekondig om honderde poste te sny.
Volgens 'n verklaring van Cosatu is die voorgestelde afleggings ’n verwoestende terugslag vir werkers, die joernalistiekberoep en demokrasie. Hy sê ook dit kom op 'n tydstip wanneer juis ’n sterk, onafhanklike en diverse media nodig het om diegene in magsposisies aanspreeklik te hou en ’n stem aan gewone burgers te gee.
Cosatu erken die ernstige finansiële druk waaronder die media-industrie verkeer, insluitend dalende advertensie-inkomste en veranderende patrone in die manier waarop gehore inhoud verbruik. Hy sê werkers behoort egter nie verwag te word om die volle las van veranderinge in die bedryf te dra terwyl uitvoerende bestuur en aandeelhouers beskerm word nie.
Die federasie doen ’n beroep op Media24 en eNCA om dringend elke moontlike alternatief vir afleggings te ondersoek en poste te behou.








Comments