Cosatu waarsku oor moontlike werkverliese
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 27
- 1 min read
Die vakbond Cosatu waarsku oor groot werkverliese ná die besluit om die Ekapa-myn in Kimberley te likwideer.
Die maatskappy sê die aansoek volg weens die omvang van kapitaal wat nodig is om toegang tot die 890m diep skag te herstel, waar vyf mynwerkers vasgekeer is.
Bestuur het egter verseker dat reddings- en herstelpogings voortgaan.
Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê dit is verpletterend dat sowat 1 300 werkers hul werk kan verloor, veral teen die agtergrond van Suid-Afrika se hoë werkloosheidsyfer.
LUISTER HIER:
Zanele Sabela







Comments