top of page

DA moet Ramaphosa, regeringsprotokol respekteer

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 30
  • 1 min read

Die leier van die EFF, Julius Malema, sê die DA moet president Cyril Ramaphosa en regeringsprotokol respekteer. Hy het gereageer op die DA se ultimatum oor die afdanking van Andrew Whitfield as adjunkminister. Whitfield is afgedank nadat hy sonder magtiging oorsee gereis het. Die DA het toe aangekondig dat hulle aan Augustus se Nasionale Dialoog onttrek. LEES MEER: DA beskryf Nasionale Dialoog as verkiesingsfoefie Volgens Newskoop sê Malema die DA het vir die ANC gestem en moet nou saam met hulle regeer, nie teen hulle nie. Intussen berig Netwerk24 dat die DA se federale hoof, Helen Zille, sê om uit die regering van nasionale eenheid (RNE) te stap was nooit ter tafel nie. Die opsie was ‘n mosie van wantroue teen Ramaphosa, indien hy aanhou om nie sy plig na te kom om teen korrupsie op te tree nie.

 
 
 

Comments


bottom of page