top of page

Daar is drama in Bloem oor ‘gekaapte’ skape

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 13
  • 1 min read

’n Bloemfonteinse boervrou beweer 249 van haar damara-skape is ‘gekaap’ en na ’n aangrensende plaas verskuif.


Netwerk24 berig Amy MacLeod, wat op ’n plaas langs die N1 buite die stad boer, sê sy het die diere se spore gevolg tot op haar buurvrou se grond.


Volgens haar is daar ’n Eskom-hek tussen die plase waarvan net haar buurvrou en Eskom sleutels het.


Polisiewoordvoerder kapt. Loraine Earle sê die skape is nie reg geoormerk nie, en moes ná regte na die naaste skut op Reddersburg geneem word totdat eienaarskap bepaal is.


Weens bek-en-klouseer-regulasies is dit egter tans nie moontlik nie.


Die polisie moet nou verklarings bekom sodat die Direkteur van Openbare Vervolgingseienaarskap oor eienaarskap kan besluit.


Ter illustrasie. FOTO: Landbouweekblad
Ter illustrasie. FOTO: Landbouweekblad

Comments


bottom of page