Daar is hoop dat die brandstofheffingsverlaging verleng kan word
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 21
- 1 min read
Die huidige R3 brandstofheffingsverlaging kan met ten minste nog twee maande verleng word.
Dit volgens die minister van finansies, Enoch Godongwana tydens ’n onderhoud by ’n vergadering van die Internasionale Monetêre Fonds en Wêreldbank in die Verenigde State.
Hy het onthul dat die fiskus nie langertermynondersteuning kan bekostig nie, aangesien die nasionale begroting steeds onder druk is.
Die fiskus verloor ongeveer ses miljard rand as gevolg van die tydelike verligting op petrol- en dieselpryse.
Godongwana sê die regering sal binnekort besluit of die brandstofheffingverligting, wat op 5 Mei sal eindig, verleng moet word.








Comments