Daar is oor ’n Vrystaatse ontwikkeling beslis
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 26
- 1 min read
’n Skikking oor die omstrede Wonderfontein-ontwikkeling naby Sasolburg is in die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein bereik.
Die ooreenkoms bepaal dat alle voorwaardes wat in 2019 deur die Metsimaholo-dorpsbeplanningstribunaal gestel is, binne vyf jaar volledig nagekom moet word voordat erwe geproklameer mag word.
AfriForum het hof toe gegaan om die beweerde onwettige ontwikkeling te stop.
Die organisasie se streekshoof vir die sentraalstreek, Jaco Grobbelaar, sê die hofbevel sal plaaslike gemeenskappe en die Vaalrivier teen verdere druk beskerm.








Comments