top of page

Daar is probleme by Bloem se suidelike stortingsterrein

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 6 days ago
  • 1 min read

Bloemfonteiners word waarsku oor bedryfsprobleme by die suidelike stortingsterrein weens masjinerie wat tans buite werking is.


Volgens ‘n kennisgewing van die Mangaung Metro Munisipaliteit is geen toerusting tans operasioneel nie, wat dienslewering en terreinbestuur beïnvloed.


Bloemfonteiners word versoek om intussen van die noordelike stortingsterrein gebruik te maak totdat die probleem opgelos is.


Die metro beklemtoon dat afval slegs by aangewese stortingsterreine gestort mag word en dat onwettige storting of die verbranding van rommel ’n oortreding van munisipale bywette is.


Hulle voeg by werk is aan die gang om volle funksionaliteit by die terrein te herstel.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

Comments


bottom of page