Danny K se vrou is oorlede
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Aug 11
- 1 min read
Updated: Aug 12
Die sanger en sakeman Daniel Koppel, beter bekend as Danny K, se vrou Lisa is op 41-jarige ouderdom oorlede.
Nova News berig die musikant het bevestig Lisa ná ’n drie jaar lange stryd teen kolorektale kanker oorlede is. Die familie het die diagnose tot nou toe privaat gehou. Sy is oor die naweek oorlede.
Maroela Media berig Lisa het regte studeer en het onder meer by haar pa se firma gewerk. Sy was ook ’n model, ambassadeur vir verskeie produkte en het onder meer haar eie skoenreeks, Running Bear, vir kinders gehad.







Comments