top of page

De Brug: Motshekga swyg oor Projek Zingisa

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 1
  • 1 min read

Die minister van verdediging en militêre veterane, Angie Motshekga, swyg in dié stadium grootliks oor die beplande én veelbesproke opgradering van die De Brug-weermagbasis buite Bloemfontein.


Luidens berigte gaan Chinese tegnici Projek Zingisa behartig en die Chinese regering gaan glo daarvoor help betaal. Maroela Media berig Motshekga het hierdie bewerings nie bevestig of ontken nie in haar onlangse antwoord op ʼn skriftelike parlementêre vraag van ActionSA.


Sy het wel bevestig dat Projek Zingisa nog nie begin het nie. Sy voeg by om akkuraatheid te handhaaf en operasionele oorwegings te beskerm, kan sy nie verdere besonderhede deel nie, behalwe om te bevestig dat die konsep voortduur.


Angie Motshekga. FOTO: Maroela Media
Angie Motshekga. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page