top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Debat oor die nuwe geskiedeniskurrikulum neem toe

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Apr 14
  • 1 min read

Openbare debat oor Suid-Afrika se voorgestelde geskiedeniskurrikulum is aan die toeneem.


Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, het die konsep verlede week vir openbare kommentaar oopgestel.


Die dokument het gemengde reaksies ontlok, met kommer oor inhoud en verteenwoordiging.


Gwarube beklemtoon dat die kurrikulum uiteenlopende perspektiewe moet weerspieël en kritiese denke moet bevorder, en nie deur politieke agendas gedryf moet word nie.


Rosestad-nuus het vroeër berig die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge waarsku dat veranderinge aan die kurrikulum historiese waarheid kan beïnvloed.


Volgens die organisasie se uitvoerende hoof, Danie Langer, kan geskiedenis nie verskraal, verdraai of verwyder word om ’n politieke ideologie te dryf nie.


Hy voeg by die veranderinge kan die land se geskiedenisverhaal verarm en leerders ontneem van ’n breër begrip van hoe Suid-Afrika gevorm is.


Siviwe Gwarube. FOTO: Facebook
Siviwe Gwarube. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page