top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Dele van Bloem sit sonder water

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 23
  • 1 min read

Ná ’n kragonderbreking by die Maselspoort-waterbehandelingsaanleg het seker dele in die noordelike deel van Bloemfontein nie water nie.


Volgens die Mangaung Metro Munispaliteit word gebiede soos Bayswater, Heuwelsig en Pentagon Park saam met verskeie omliggende woonbuurte geraak.


Tegniese spanne werk tans saam met die elektrisiteitsverskaffer om die probleem op te los, en sê watertoevoer sal herstel word sodra krag by die aanleg weer beskikbaar is.


Die metro het om verskoning gevra vir die ongerief en sê hulle sal bywerkings verskaf soos herstelwerk vorder.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Comments


bottom of page