top of page

Dele van Bloemfontein is eersdaags sonder water

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 27
  • 1 min read

As gevolg van herstelwerk aan die Heuwelsig-pompstasiepyplyn sal sekere dele van Bloemfontein Dinsdag sonder water wees.


Luidens ‘n kennisgewing van die Mangaung Metro Munisipaliteit sluit dit Heuwelsig, Dan Pienaar en omliggende gebiede in.


Watertoevoer sal van 8:00 vir 12 ure, weens die sluiting van kritieke kleppe, beinvloed word.


Die munisipale woordvoerder, Qondile Khedama, sê die metro vra omverskoning vir enige ongerief wat dit mag veroorsaak, en doen ‘n beroep op inwoners om water gedurende die tydperk spaarsamig te gebruik.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

Comments


bottom of page