top of page

Denel moet dalk miljoene rande hoes wees kontrakbreuk

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 28, 2025
  • 1 min read

Die staatsbeheerde wapenvervaardiger, Denel, het slegs twee weke oor om antwoordende verklarings en betooghoofde oor beweerde kontrakbreuk by die distrikshof in Tampa in die Amerikaanse deelstaat Florida in te dien. Volgens Netwerk24 eis Draken International, ‘n maatskappy wat fokus op die opleiding van weermagspersoneel in gevegsterreine waar tradisionele tegnologie ontwrig word, R126 miljoen in vergoeding. Dit weens Denel se onvermoë om nege oorblywende vegvliegtuie wat bykans agt jaar gelede bestel is, aan hulle te lewer. Intussen het Denel, wat sedert die 2020-boekjaar nog nie weer hul finansiële uitslae bekend gemaak het nie, reeds vyf jaar gelede aangeduid dat hulle tegnies insolvent is. Hulle het die afgelope vyf jaar R9 miljard se reddingsboeie vanaf die tesourie ontvang, maar dit het verlede jaar al opgedroog.

 
 
 

Comments


bottom of page