top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Derduisende rande se dwelms is in Bloem se middestad gekonfiskeer

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 9
  • 1 min read

Polisie-optrede teen onwettige dwelmhandel het resultate opgelewer met die inhegtenisneming van ’n verdagte in Bloemfontein se middestad.


Volgens ’n mediaverklaring het lede van die Provinsiale Anti-Bende-eenheid op intelligensie-inligting gereageer oor ’n man wat glo by dwelmhandel betrokke is.


Die span het die verdagte by ’n plaaslike supermark in die middestad opgespoor - waar ’n deeglike deursoeking gelei het tot die ontdekking van dwelms met ’n beraamde straatwaarde van R150 000, asook ’n onbekende hoeveelheid kontant.


Polisiewoordvoerder sersant Mahlomola Kareli sê die man is op die toneel in hegtenis geneem.


Hy sal binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof op aanklagte van dwelmhandel en -besit verskyn.


Ter illustrasie. FOTO: Facebook
Ter illustrasie. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page