top of page

Die 2025-belastingseisoen is nou oop

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 22, 2025
  • 1 min read

Die 2025-belastingseisoen is nou oop.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het op X bevestig opgawes kan van Maandag af tot en met 20 Oktober op die agentskap se digitale platforms ingedien word.

Die SAID voeg by die outo-assesseringsperiode wat verlede week begin het, is nou voltooi, met meer as 5,8 miljoen belastingbetalers wat so geassesseer is.

SAID-woordvoerder Siphithi Sibeko sê 99,6% van dié belastingbetalers het nie hul assesserings bevraagteken nie. Hy voeg by dié wat dit wel wil verander, kan so op die digitale platforms doen.

 
 
 

Comments


bottom of page