top of page

Die stryd teen bek-en-klouseer kry ‘n hupstoot

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 3 hours ago
  • 1 min read

Suid-Afrika se stryd teen bek-en-klouseer (BKS) het ’n belangrike hupstoot gekry.


Dit aangesien plaaslike entstofproduksie vir die eerste keer in meer as 20 jaar hervat is.


Volgens SA News sê die Departement van Landbou die eerste besending plaaslik vervaardigde entstowwe sal binnekort aan boere beskikbaar wees.


Die minister van landbou, John Steenhuisen, het Vrydag die Onderstepoort-navorsingsfasiliteit besoek waar die entstowwe gefinaliseer is.


Volgens Steenhuisen het die huidige uitbrake ’n groot finansiële en emosionele tol op boere geëis, maar dat die land nou beweeg van reaksie na voorkoming.


Die eerste 12 900 dosisse is met moderne tegnologie vervaardig, nadat verouderde infrastruktuur produksie in 2005 tot stilstand gebring het.


John Steenhuisen. FOTO: Facebook
John Steenhuisen. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page