Die Internasionale Klarinet-ekstravaganza sluit af in Bloem
- Saamgestel deur Nadia Pieters
- 12 minutes ago
- 1 min read
Bloemfontein is Saterdag die gasheer vir die groot afsluiting van die ZA Internasionale Klarinet-ekstravaganza - ’n weeklange musiekfees wat wêreldgehalte-klarinetspel vier.
Volgens Bloemnuus word die fees om 19:00 afgesluit met ’n gala-konsert waartydens internasionale soliste, ’n 60-ledige klarinetkoor en die Vrystaatse Simfonie-orkes saam op die verhoog sal wees.
Leerders, onderwysers en internasionale gaste het werksessies en optredes bygewoon.
Dit het nie net opvoedkundige waarde nie, maar bou ook brûe in die musiekwêreld.
Klarinetspeler Danré Strydom sê op sosiale media die gala-konsert is “’n eerste vir Suid-Afrika”, met Internasionale kunstenaars uit België, Hongarye, Italië en Japan wat saam met Suid-Afrikaanse musikante aan die fees deelneem.



