top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die aanstelling van die Nsfas-administrateur word opgeskort

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 3 hours ago
  • 1 min read

Die Gauteng-hooggeregshof in Pretoria het die aanstelling van Hlengani Mathebula as administrateur van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (Nsfas) opgeskort.


Dit is hangende die finalisering van ‘n aansoek om sy aanstelling tersyde te stel. Die hof het ook Vrydag gelas dat die minister van Hoër Onderwys, Buti Manamela, die koste van die twee advokate moet betaal.


Die aansoek is deur sewe voormalige Nsfas-raadslede ingedien wat beweer het dat Manamela se besluit om ‘n administrateur aan te stel en die raad te ontbind, blykbaar deur ‘n bybedoeling gemotiveer is.


Manamela het Mathebula op 4 Mei aangestel en die raad op dieselfde dag ontbind.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page