Die aantal polisie-personeel is steeds onder optimale vlakke
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 12
- 1 min read
Ten spyte van 'n beskeie toename in personeelgetalle in die polisie oor die afgelope drie jaar, bly die aantal personeel ver van optimale vlakke. Dit volgens die Minister van Polisie, Firoz Cachalia. SABC News berig die minister sê in 'n skriftelike parlementêre antwoord dat 'n lang tydperk van dalende personeelgetalle alle sake-eenhede in die polisie negatief beïnvloed het, insluitend die Forensiese Wetenskaplaboratoriums. Die polisie het tans vier laboratoriums regoor die land, waarvan drie ten volle operasioneel is. Volgens die minister het gevalle wat vir ontleding by die Forensiese Wetenskaplaboratorium geregistreer is, met meer as 118 000 van 2023 tot 2025 toegeneem.





Comments