top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die ACM gaan saam met die ANC werk om ‘n VS munisipaliteit te regeer

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 16
1 min read

Die African Content Movement (ACM) gaan saam met die ANC werk om die Maluti-a-Phofung- plaaslike munisipaliteit in die Vrystaat te regeer.


Die ACM-leier, Hlaudi Motsoeneng, het dit in ’n onderhoud met die SABC bevestig.


Hy sê die party se prioriteite is om dienslewering te verbeter, werk te skep en probleme met water, elektrisiteit en paaie aan te spreek.


Motsoeneng sê die partye moet nog oor posisies in die munisipaliteit onderhandel. Hy voeg by dat die ACM die mag wil hê om inwoners se lewens te verbeter.


LUISTER HIER:


Hlaudi Motsoeneng

Rosestad-nuus het vroeër berig ‘n wyksverkiesing in dié munisipaliteit is deur 'n muntgooi beslis nadat kandidate van die ACM en die ANC gelyke stemme ontvang het. Ná die muntgooi het die ACM wyk 14 gewen.



 
 
 

Comments


bottom of page