Die ANC beskuldig Trump van aggressie
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 days ago
- 1 min read
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die administrasie van die Amerikaanse president, Donald Trump, het besluit om as ‘n aanvaller teen ‘n vreedsame, soewereine nasie op te tree.
Mbalula het bygevoeg dat hulle besluit om in die openbaar te kommunikeer dat Suid-Afrika nie as ‘n lid na die G20 genooi sal word nie die ergste aggressie is.
LUISTER:
Intussen berig Maroela Media dat die woordvoerder van president Cyril Ramaphosa, Vincent Magwenya, sê die regering is bereid om die G20 volgende jaar mis te loop en eers weer die jaar daarop aan dié interregeringsforum deel te neem.
Die Verenigde Koninkryk sal dan die G20-presidentskap oorneem. Magwenya sê Suid-Afrika sal dan betekenisvol en substantief kan gesels oor wat werklik vir die res van die wêreld saak maak.






Comments