top of page

SA is nie na die eerste G20-sherpa-vergadering genooi nie

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Dec 3, 2025
  • 1 min read

Suid-Afrika sal nie by die eerste G20-sherpa-vergadering onder die Amerikaanse presidentskap teenwoordig wees nie, ondanks versoeke vir deelname.


Die vergadering vind op 15 en 16 Desember in Washington plaas, en Suid-Afrika is uitgesluit. Amerikaanse president Donald Trump het vroeër bevestig dat Suid-Afrika nie na die 2026-leiersberaad in Miami genooi sal word nie.


Die departement van internasionale betrekkings en samewerking sê Suid-Afrika bly by die G20 se beginsels en waarsku dat eenkantige uitsluiting die forum kan destabiliseer.


Amptenare sê Suid-Afrika kan nie net by die vergadering opdaag nie, maar die kwessie kan by die vergadering bespreek word.


President Cyril Ramaphosa. FOTO: News24
President Cyril Ramaphosa. FOTO: News24

 
 
 

Comments


bottom of page