SA se bydrae tot die G20-webtuiste is verwyder
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Dec 2, 2025
- 1 min read
Alle inligting wat deur Suid-Afrika op die G20-webtuiste gelaai is, is verwyder. Dit kom nadat Amerika se president Donald Trump amptelik sy voorsitterskap begin het.
Die G20-webwerf het tans slegs ʼn landingsblad, waar ʼn swart-en-wit foto van Trump verskyn met die teks, “Miami 2026. The best is yet to come”.
Maroela Media berig die Amerikaanse departement van buitelandse sake het gesê dat Trump die G20 sal laat terugkeer na die kernmissie om ekonomiese groei en voorspoed te dryf om resultate te lewer.
Trump het vroeër gesê dat Suid-Afrika nie volgende jaar welkom sal wees by die beraad wat by sy Doral-gholfklub in Florida plaasvind nie. Hy het ook aanlyn bewerings van volksmoord op die wit Afrikanergemeenskap in Suid-Afrika herhaal. Die Suid-Afrikaanse regering ontken enige sistemiese veldtog teen enige minderheidsgroep in die land.







Comments