Die ANC is bekommerd oor ʼn parallelle proses
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Aug 14
- 1 min read
Die ANC het kommer uitgespreek oor wat hy ’n parallelle proses deur die parlement se Afsettingskomitee noem ter voorbereiding van ’n Artikel 89-ondersoek na president Cyril Ramaphosa se optrede.
Die party sê voortgesette voorbereidingswerk terwyl verwante sake nog in die Wes-Kaap- hooggeregshof hangende is, kan tot duplisering, prosedurele verwarring en verkwistende besteding lei.
Die Konstitusionele Hof het openbare verhore voorlopig gestuit, terwyl Ramaphosa ’n geregtelike hersiening van ’n verslag versoek wat aanbeveel dat hy weens die Phala Phala-plaas-kwessie aangekla word.








Comments