Die ANC leer uit hul foute
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 12 hours ago
- 1 min read
Die ANC hersien sy vordering en lesse uit vorige termyne ter voorbereiding van vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing.
Die party se Plaaslike Regeringsintervensiekomitee se adjunkvoorsitter, Stella Ndabeni, sê die hersiening sal help om ’n meer gefokusde en doeltreffende program vir die volgende termyn saam te stel, veral waar implementering ongelyk was.
Ndabeni voeg by die ANC sal ook prestasie assesseer, integriteitsstandaarde konsekwent toepas en openlik oor die implementering van sy programme verslag doen.
LUISTER HIER:
Stella Ndabeni








Comments