Die ANC se Mangaung-burgemeestersfinaliste is op die lys wat glo nie betyds ingedien is nie

Sep 10
1 min read
Die ANC se agt burgemeestersfinaliste vir die Mangaung-metro verskyn op die proporsionele kandidaatlys wat volgens die OVK nie betyds ingedien is nie.
Volgens Maroela Media hou die ANC se Vrystaatse woordvoerder, Thabo Meeko, vol die party het die kandidate wel betyds geregistreer en dat ’n tegniese fout aan die kant van die OVK hiervoor verantwoordelik was.
Intussen het die party hom tot die Verkiesingshof in Bloemfontein gewend om die OVK se besluit te laat hersien.
Indien die hof nie in die ANC se guns beslis nie, sal die party moontlik ’n ander kandidaat uit sy wykskandidaatlys vir die Mangaung-burgemeesterspos moet kies.








Comments