top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Artikel 98-uitspraak se hersiening sal vinniger gelewer word

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Die Wes-Kaapse regter-president Nolwazi Mabindla-Boqwana het onderneem om die lewering van die uitspraak oor die hersiening van die verslag van die onafhanklike Artikel 89-paneel te bespoedig, gegewe die belangrikheid van die aansoek.


SABC-nuus berig die hooggeregshof in Kaapstad het uitspraak voorbehou oor die aansoek deur president Cyril Ramaphosa om die verslag tersyde te stel. Regsverteenwoordigers van die President en respondente in die saak het drie dae lank betoë vir en teen die hersiening van die verslag gelewer.


Advokaat Dali Mpofu het namens die MK-party aangevoer dat die Wes-Kaapse Hooggeregshof nie jurisdiksie het om die verslag te hersien en tersyde te stel nie. Die President se regsverteenwoordiger, advokaat Wim Trengove, het gesê die onafhanklike paneel het die verkeerde regstandaard toegepas sonder om die bewyse voor hulle te ondersoek.


President Cyril Ramaphosa. FOTO: Times Live
President Cyril Ramaphosa. FOTO: Times Live

 
 
 

Comments


bottom of page