Die ATM doen 'n beroep oor die probleem met onwettige immigrante
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 16
- 1 min read
Die ATM doen ‘n beroep op die Departement van Binnelandse Sake om die probleem van onwettige immigrante aan te spreek.
Die party blameer die departement vir die toenemende aantal werklose Suid-Afrikaners en buitelanders wat misdaad in die land pleeg.
Volgens die ATM neem sommige werkgewers onwettige immigrante in diens, en dit dra by tot die hoë werkloosheidsyfer.
Die ATM-leier in die parlement, Vuyo Zungula, sê die Departement van Binnelandse Sake moet ook Europese en Amerikaanse onwettige immigrante wat in Suid-Afrika is, hanteer.
LUISER HIER:
Vuyo Zungula - Home Affairs








Comments