Die berugte Heidedal-steengroef bevat glo arseen
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 21
- 1 min read
Nadat daar in 2016 reeds bevind is die Witherow-gruisgroefdam in Heidedal in Bloemfontein bevat gevaarlike hoë vlakke van arseen, is daar steeds geen borde aangebring as waarskuwing dat die dam dié middel bevat nie.
So sê 'n Heidedaller, Gregory Werner, wat sowat 10 jaar gelede ’n versoekskrif aan die owerhede gerig het om die water vir arseen te toets. Arseen is ’n grondstof wat kanker kan veroorsaak.
Volksblad berig Werner sê hy het die departement van water en sanitasie (DWS) in 2016 verwittig dat ’n vragmotor chemikalieë in die dam inpomp. Hulle het toe toetse gedoen wat bevind het dat abnormale hoë vlakke van verskeie middels in die water voorkom.
Werner sê byna 10 jaar later het die DWS nog geen verdere toetse gedoen nie.





Comments