top of page

Parlementêre komitees besoek binnekort Heidedal se steengroef

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 6, 2025
  • 1 min read

Twee parlementêre portefeuljekomitees sal binnekort ’n toesigbesoek aan Heidedal in Bloemfontein se Witherowdam-steengroef bring.


Netwerk24 berig die portefeuljekomitee oor minerale en petroleumhulpbronne sowel as die portefeuljekomitee oor polisie is geskok dat, ondanks meer as ’n dekade se gemeenskapsversoeke en talle verdrinkings, geen stappe gedoen is om die terrein te beveilig of die verantwoordelike partye tot verantwoording te roep nie.


Die voorgenome besoek kom ná ’n petisie van die Heidedal-gemeenskap wat ernstige kommer uitspreek oor die steengroef. Daar het na berig word tot 50 verdrinkings oor die jare plaasgevind, insluitend dié van Benjamin Samuel van Wyk op 23 Oktober vanjaar.


Die voorsitter van die portefeuljekomitee oor minerale en petroleumhulpbronne, Mikateko Mahlaule, sê dit is diep kommerwekkend dat die watermassa nie omhein is nie, wat die lewe van kinders in die gebied in gevaar stel. Eweneens ontstellend is die klaarblyklike minagting van verskeie belangrike stukke wetgewing.


Die datums van die beoogde toesigbesoek sal bekend gemaak word sodra die nodige parlementêre goedkeuringsprosesse voltooi is.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

Comments


bottom of page