top of page

Die Heidedalse steengroef is uiteindelik besoek

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 20
  • 1 min read

'n Toesigbesoek aan die Witherow-steengroefdam in Heidedal in Bloemfontein is onderneem nadat die Menseregtekommissie (MRK) ’n omvattende verslag, wat oor vier jaar opgestel is, aan die parlement voorgelê het.


Netwerk24 berig die om en by 50 sterftes, gebrekkige owerheidsoptrede en die omvang van protes vanuit die gemeenskap oor hierdie gevaarlike steengroef word in die verslag vervat.


Die groef, waar daar dekades gelede grond vir bakstene uitgehaal is, is steeds nie omhein nie. In Junie 2024 is bevestig dat daar geen versperrings of waarskuwingstekens is nie.


Die Vrystaatse departement van ekonomiese en kleinsakeontwikkeling, toerisme en omgewingsake hou vol dat die groef in 2006 wettig “gesluit” is, dat die rehabilitasie aan die vereistes voldoen het en dat die terrein nou ’n gewone private eiendom is wat buite sy jurisdiksie val.


Die MRK bevraagteken nou of die terrein werklik behoorlik gerehabiliteer is voordat die sluitingsertifikaat uitgereik is.


FOTO: Netwerk24
FOTO: Netwerk24

Comments


bottom of page