Die Bloem-akteskantoor se krag is afgesny
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 18
- 1 min read
Die akteskantoor in Bloemfontein kan nie funksioneer nadat elektrisiteit weens agterstallige rekeninge onderbreek is.
Volgens inligting is die krag deur die stad se kragvoorsiener, Centlec, afgesny en word die aangeleentheid tans deur die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling ondersoek.
Die DA sê op sosiale media die akteskantoor speel ’n sleutelrol in eiendomsoordragte, verbandregistrasies en sake-transaksies.
Hulle voeg by die onderbreking het ’n direkte impak op inwoners, prokureurs en die breër ekonomie.
Daar is gevra dat kragtoevoer dringend herstel word om verdere ontwrigting te voorkom.
Rosestad-nuus het vroeër berig dat Centlec besig is met 'n oudit van wanbetalers in winkelsentrums, groot besighede en private eiendomme in die Mangaung Metro Munisipaliteit.








Comments