Die Bloemfontein-man met vee in sy erf oortree geen wette nie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 13
- 1 min read
Geen munisipale verordeninge word oortree deur die inwoner van Rayton in Bloemfontein wat 40 skape en 34 beeste op sy erf aanhou nie.
'n Senior amptenaar van die Mangaung-metro se afdeling vir omgewingsveiligheid, Frans Koekemoer, sê die eiendom is as 'n kleinhoewe gesoneer, alhoewel die soneringsertifikaat nog uitstaande is.
Sy afdeling het ondersoek ingestel nadat hy verskeie klagtes oor die stand van sake ontvang het.
Toekomstige inspeksies sal reuk- en vliegbeheer sowel as afvalbestuur op die erf insluit. Daar sal ook gekyk word na die impak van die spreiligte op die diere se welstand.
Netwerk24 berig die eienaar van die vee, ene Zola, sê hy het 'n plaas in Bainsvlei gekoop en sal volgende maand al die diere daarheen verskuif. Hy wag net vir die plaas om op sy naam geregistreer te word.





Comments