Die Bloemfonteinse hof hoor Siemens se moordenaar is 'n meestermanipuleerder
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 10
- 1 min read
Staatsaanklaer Johan de Nysschen sê die argitek agter Louis Siemens se moord, Stanley Bakili, is 'n meestermanipuleerder.
Hy sê ook Bakili het die moord op Siemens ’n lang tyd beplan, en minute voordat Siemens vermoor is, met hom vergader.
Dit was De Nysshen se slotbetoog in Bakili se vonnisverrigtinge gister in die Bloemfonteinse hooggeregshof.
Volgens Netwerk24 sê De Nysschen Bakili skram weg van sy betrokkenheid en verantwoording, en wil nou niks oor die meriete van die saak sê nie.
Bakili se regsverteenwoordiger, Frans Dlamini, sê daar is omstandighede om van die voorgeskrewe minimum vonnis van lewenslange tronkstraf af te wyk.
Hy sê Bakili se posttraumatiese stres en depressie het in sy sewe jaar in aanhouding vererger, hy ly aan hoë bloeddruk en het 'n velkwaal opgedoen. Hy het ook nog nie sy kinders gesien nie. Bakili sal na verwagting volgende Donderdag gevonnis word.





Comments