top of page

Die bou van ‘n koshuis vir leergestremdes vorder goed

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 17, 2025
  • 1 min read

Die bou van ‘n moderne koshuis in Thaba Nchu vir die Boitumelong spesiale skool vorder goed en sal na verwagting teen die einde van die volgende boekjaar voltooi wees. Die koshuis is ontwerp om 200 kinders - 100 seuns en 100 meisies - met verskillende leergestremdhede te akkommodeer. Die projek fokus daarop om leerders nader bring aan waar hulle leer en om die las om elke dag lang afstande te moet loop om basiese onderwys te ontvang te verminder. Luidens ‘n aanlyn plasing is die Vrystaatse Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur se LUR Dibolelo Mance tevrede met die gehalte van die werk asook die vordering.

 
 
 

Comments


bottom of page