Die brandstofpryspyn kan tot Oktober voortduur
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 57 minutes ago
- 1 min read
Suid-Afrikaanse motoriste staar die vooruitsig van nog ‘n brandstofprysverhoging in Oktober in die gesig.
Vroeë data van die Sentrale Energiefonds toon dat petrol tans ‘n onderverhaling van tussen R2.11 en R2.22 PER liter toon. Dit terwyl diesel tussen R2.83 en R3.11 is.
Die syfers kan egter nog aansienlik verander voor die einde van die maand.
Ontleders sê volgehoue oliepryse bo 90 dollar per vat en voortgesette spanning in die Midde-Ooste kan brandstofpryse onder druk hou.







Comments